Frikkadelle in Perske en Rosyntjie sous

Bestanddele
Frikkadelle
1 Dik sny witbrood sonder korsies
100 ml Melk
500 g Maalvleis
20 ml Asyn
7 ml Sout
3 ml Grofgemaalde Swartpeper
3 ml Gemengde Kruie

Bestanddele
Sous
1 Ui gekap
12,5 ml elk van die volgende: Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous en sonneblomolie
1 Pakkie bruin uie sop
100 g Pitlose rosyne
125 g Gedroogde Perskes – gesnipper

Metode
Week brood in melk. Voeg res van Frikkadelle se bestanddele by en meng liggies met vurk. Vorm Frikkadelle. Gooi Blatjang, Worcestersous, sojasous, tamatiesous, sonneblomolie en mosterdpoeier in ‘n maatbeker. Vul die maatbeker tot op 500 ml met water. Voeg soppoeier by en meng goed. Voeg perskes by. Gooi uie in mengsel en kook saam vir 5 minute. Sit Frikkadelle in oondvaste bak en gooi sous oor die frikkadelle. Plaas in voorverhitte oond van 180ยบ C. Bak in oond vir 30 minute.
Voeg nou rosyne by en bak vir ‘n verdere 30 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 318 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *