Resep vir Rek ‘n Hoender

Bestanddele
1 hoender
1 hoenderaftreksel blokkie
1 pakkie hoender roomsop
1 groot pak kaas-en-uie skyfies
1 klein pakkie BBQ skyfies
125ml gerasperde kaas
sout na smaak

Metode
Kook hoender met blokkie hoenderaftreksel in water tot sag. Ontbeen dit. Meng hoender, sop, sout en kaas-en-uie skyfies by sous waarin hoender gekook het. Skep mengsel in gesmeerde bakskottel en krummel die BBQ skyfies bo-oor. Strooi gerasperde kaas oor en bak ½ uur teen 180C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 249 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *