Resep vir Rum Tert

Bestanddele Tert
250g Dadels
10 ml Koeksoda
125 ml Suiker
375 ml Water
125 ml Olie
1 Eier
10 ml Bakpoeier
375 ml Meelblom

Bestanddele Sous
175 ml Water
10 ml Rum Geursel
375 ml Suiker
15 ml Botter

Metode Tert
Kook dadels, suiker, koeksoda en water saam. Klits eier en olie goed saam en voeg by dadel mengsel. Voeg meelblom en bakpoeier by en meng goed. Plaas in bak en bak teen 180° C vir sowat 35 minute.

Metode Stroop
Kook al die bestanddele vir die stroop saam. Gooi oor tert sodra uit die oond kom.
Bedien met room.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 410 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Resep vir Rum Tert”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *