Bestanddele
3 Uie
2 Knoffelhuisies
500 ml Opgesnyde brandrissies
250 ml Bruin asyn
750 ml Appelkooskonfyt
10 ml Kerriepoeier
5 ml Mosterdpoeier
5ml Gemaalde Gemmer
5ml Gemengde Kruie
5ml Sout
Metode
Skil die uie en knoffel en sny dit in stukkies op. Maal dit saam met die brandrissies. Voeg die asyn by en kook vir ‘n paar minute. Roer die res van die bestanddele by. Verhit dit stadig tot kookpunt. Prut ongeveer 30 minute lank tot dik. Roer gereeld. Bottel blatjang warm en verseël dadelik.
(Visited 4,705 times, 1 visits today)
Advertisements