Bestanddele
2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye
Metode
Los bruinsuiker in tee op. Week vrugte oornag in rooibostee. Klits eier goed en meng met vrugtemengsel. Voeg ander bestanddele by en meng goed. verdeel mengsel in 2 pannetjies. Bak teen 180ºC vir 1 uur.
Wenk
Ek dink nie dat ‘n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies gesprinkel word skade sal aanrig nie.
(Visited 409 times, 1 visits today)
Advertisements