Roomkaas en Salm gereg

Bestanddele
250 g Roomkaas
220 g Pienk Salm
Seekos mayonnaise, waarby ‘n bietjie fyngekapte ui, tabascosous en ‘n klein bietjie asyn gevoeg is
Kappertjie saad “Capers” of Agurkies na smaak (gepak)
Geroomde avokadopeer gemeng met ‘n bietjie suurlemoensap, mayonnaise, sout en peper
Kaviaar – rooi en swart

Metode
Sit gekapte blaarslaai onder n voorgereg kelkie. Meng roomkaas en kappertjie saad en sit bo-op blaarslaai. Meng salm en seekos mayonnaise en skep bo-oor roomkaas. Neem nou die geroomde avokadopeer en garneer die salm. Versier met kaviaar. Hou verkoel in yskas tot net voor bediening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,024 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *