Sampioene met Knoffel

Bestanddele
15 groot swart sampioene
75 g Margarien
15 ml Kookolie
2 Knoffelhuisies, gekap
100 ml gekapte Pietersielie
15 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
2 ml Varsgemaalde Swartpeper

Metode
Breek die stammetjies versigtig af en vee die sampioen doppies skoon met papierhanddoek. Plaas met die hol kant na bo in ‘n vuurvaste oondskottel. Verhit margarien en kookolie en voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel oor die sampioene. Bak 12 – 15 minute in die oond by 180 °C. Sit voor as ‘n voorgereg saam met tuisgebakte volgraanbrood of bedien as ‘n bykos.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 789 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *