Resep vir Tannie Suzette se sjokolade koek

Retha

Bestanddele en Metode

1
4 eiers 1½k suiker
½ t vanielje geursel
Klits die bestanddele baie goed saam

2
1k melk ½k olie
Verhit die bestanddele tot lou

3
2k meel 60ml kakao
15ml koffie poeier 5ml sout
20ml bakpoeier
Meng die bestanddele baie goed saam

Metode
Voeg 2 en 3 om die beurt by 1. Bak die koek vir 35min by 180°C in ‘n groterige tert bak.

Sous
1k suiker 1½k kookwater
Kook die suiker en water totdat die stroop dik word.
Gooi warm stroop oor warm koek.

Versiersil
400g heelneutsjokolade 200ml melk
Smelt sjokolade saam met die melk en gooi oor afgekoelde koek

Sjokoladekoek (Mikrogolf)
(Antionette Perkins)

Bestanddele Koek
1 k Koekmeelblom 1 k Suiker of Strooisuiker
1 e Bakpoeier ½ t Sout
3 e Kakao 1 k Lou Water
1 e Olie
2 Eiers 1 t Vanieljegeursel

Bestanddele Versiersel
125 g Margarien 9 e Versiersuiker
2 e Kakao 1 Eier

Metode
Sif die droë bestanddele saam. Klits die water, olie en eiers saam. Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en klits tot gemeng. Voeg vanieljegeursel by en klits tot gemeng. Giet beslag in mikrogolf bestande houer. Bak vir 6 minute teen 100% krag.
Toets met toetspen of die koek gaar is. Laat die koek nou 2 minute staan voor jy die koek uitkeer. Laat die koek nou afkoel. Klits al die bestanddele saam van die versiersel. Versier die koek. Gooi klapper of sjokolade flenters oor die koek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,167 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *