Sjokolade Mousse

Bestanddele
400 g Donker Kook Sjokolade
30 ml Melk
30 – 45 ml Cointreau likeur of Lemoensap
6 Groot eiers geskei
250 ml Vars room
60 ml Strooisuiker
Gerasperde Lemoenskil

Metode
Plaas melk en sjokolade in ‘n bak oor ‘n kastrol met stadig kokende water. Roer kort, kort totdat die sjokolade gesmelt en romerig is. Haal van hitte af en laat koeler word. Voeg die eiergele een vir een by en roer goed na elke byvoeging. Voeg likeur of lemoensap by. Klits die room tot punte vorm. Voeg die strooisuiker by die room en klits tot styf. Vou die room in die sjokolade mengsel in. Klits die eierwitte styf en vou in die sjokolade mengsel in. Gooi mengsel in individuele bakkies in of gooi in een groot bak. Maak bak toe en sit in yskas vir 4 ure. versier met lemoenskil net voor opdiening.

Wenk
Genoeg vir 8 na 10 mense. Vir 50 porsies maak die resep 3 keer aan. Vir 100 porsies maak die resep 5 keer aan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,263 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *