Skaap Gebak

Frik Lombard

Bestanddele
Skaaptjops genoeg vir 4 persone
1 Ui gekap
Twee tamaties
1 Pakkie tamatiesop

4 Aartappels
1 Oxo blokkie opgelos in 1 k kookwater
Sout, peper en kruie na smaak

Metode
Neem kasserol bak en plaas gekapte ui en tamaties onder in die bak. Plaas nou tjops op die uie en tamatie mengsel. Gooi Oxo water in die bak. Plaas in oond en bak met deksel op vir 1 uur teen 180°C. Haal bak uit oond en sny aartappels in skywe en plaas bo-op die vleis. Geur met sout en kruie na smaak. Sit deksel op en plaas terug in die oond vir ongeveer 55 minute. Haal uit oond en indien verkies kan die sous nou verdik word deur van die sous met Tamatiesop te meng. Haal deksel af en verbruin die aartappels onder die rooster tot mooi bruin.

Wenk
In die winter kan die tamatiesop vervang word met ‘n mengsel van kerrie en mielieblom. Sit dan terug in die oond vir so 10 na 15 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,121 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *