Skons

Oom Koetie

Bestanddele
200 g Bruismeel
1 t Bakpoeier
Knippie Sout
100 g Botter of margarien
125 ml Melk

Metode
Meng bruismeel, bakpoeier, sout en botter deeglik met hand tot alle klonte verwyder is. Voeg melk geleidelik by en meng to ‘n behoorlike deeg. Druk deeg effens plat en plaas op bord en maak liggies toe met glad wrap. Plaas in yskas vir 15 tot 20 minute. Strooi bruismeel op werksbank en rol deeg uit tot ongeveer 10 – 12 mm dik. Sny in blokke of druk uit met vorm. Smeer bakpan goed met botter. Plaas gesnyde deeg in bakpan en smeer die bokante van die deeg met eier. Bak vir 10 tot 12 minute teen 200° C tot mooi bruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,046 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *