Slaaikop sop Die enigste resep van sy aard in die Wêreld

Bestanddele
2 Groot Slaaiblare
20 g Margarien
1 Middelmatige ui
2 Hoender OXO blokkies
2 k Kookwater
1 k Witsous
Sout
Peper
Suiker
2 e Room

Metode
Kerf die slaaiblare fyn. Sny die ui fyn. Smelt die botter oor matige hitte. Gooi ui en slaaiblare in die pot. Laat stadig prut vir 10 minute. Los die Hoender OXO blokkies op in die warm water. Gooi nou die warm water in die pot. Kook nou vir 15 minute. Geur met sout peper en suiker (baie min suiker). Gooi die sop in ‘m versapper en versap. Gooi nou die witsous in die sop en kook vir 10 minute. Net voor opdiening gooi 2 Eetlepels dik room in die sop. Bedien warm en garneer met pietersielie.

Wenk
Jou huismense en of gaste sal nie weet hulle eet slaaiblaar sop nie. Die sop is heerlik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 294 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *