Stampkoring Slaai

Bestanddele
3 k Water
1 t Sout
¼ Pitlose Rosyne
1 k Stampkoring
Olyf olie
1 Ui Gekap
2 Rooi Peppers ontpit en gekap
Vrugte Blatjang
Nie te vet biltong dik gesny

Metode
Laat water kook. Gooi sout en rosyntjies in die kokende water. Gooi nou die stampkoring by. kook totdat al die water geabsorbeer is. Dreineer en laat afkoel. Braai die ui en rooi peper in olie. Laat die uie afkoel. Meng die uie en blatjang na smaak in die stampkoring in. Gooi sout en peper oor na smaak. Gooi biltong oor die stampkoring en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,806 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *