Suurlemoen Sneeupoeding

Bestanddele
Gerasperde skil van ‘n ½ suurlemoen
2 Eierwitte
250 ml Suiker
1 e Gelatien
65 ml Kouewater
250 ml Warm water
65 ml Suurlemoensap

Metode
Week die gelatien in die kouewater. Los dit nou op in warm water. Roer die suiker, suurlemoensap, suurlemoen skil in die gelatien. Gooi die mengsel deur ‘n fyn sif. Plaas die mengsel in die yskas totdat dit begin set. Klits nou die mengsel met eierklitser tot wit en skuimerig. Klits die eierwitte nou styf met skoon eier klitser. Vou die eierwitte in die gelatien mengsel. Gooi die mengsel nou in ‘n bak wat in die water gedompel was. Laat stol in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,091 times, 1 visits today)
Advertisements

4 thoughts on “Suurlemoen Sneeupoeding”

  1. Die resep werk nie!!! die goed skei en dit is een groot gemors beslis nie hoe ek sneeupoeding onthou nie!

  2. Maizena Sneeupoeding

    2 k kookwater
    5 ½ e Maizena
    ¾ k suiker
    1 k koue water
    ¼ k suurlemoensap
    2 eierwitte
    ¼ t sout

    Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.
    Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af en roer suurlemoensap by,
    vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien
    met vla

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *