Suurdeeg sop

Bestanddele
¼ k Margarien
28 g Koekiesuurdeeg
½ k Gekapte Ui
½ k Meel
5 k Water
28 g Blomkool gekap
28 g Wortel gekap
28 g Ertjies gekap
28 g Aartappel in blokkies
Sout na smaak
1 Eiergeel
Pietersielie gekap

Metode
Smelt die margarien en voeg gekrummelde suurdeeg en uie by. Wanneer die suurdeeg begin smelt, gooi die meel oor en braai vir ‘n paar sekondes. Gooi die water oor, roer gereeld en kook vir 20 minute. Voeg die groente by. Prut tot die groente sag is. Roer gereeld sodat die suurdeeg nie aanbrand nie. Gooi die eiergeel in die sop, kook vir minuut of twee. Sprinkel pietersielie oor en bedien warm.

Metode
Enige 4 groentes kan gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 231 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *