Tabouleh ~ Stampkoring slaai

Die Hart stigting van Suid Afrika

Bestanddele
750 ml Gaar stampkoring
125 ml Gekapte Pietersielie
125 ml Gekapte Stingeluie
1 Soetrissie, ontpit en fyngekap
60 ml Fyngekapte vars kruisement
1 Groot Tamatie, geskil en gekap
50 ml elk Sonneblomolie en vars suurlemoensap

Sout en Peper na smaak

Garnering
Stywe Tamaties
Slaaiblare
Kruisementblare

Metode
Meng gaar stampkoring, pietersielie, stingeluie, soetrissie, kruisement, gekapte tamatie, sout en peper in groot bak. Klop olie en suurlemoensap tot goed gemeng en giet oor mengsel. Bedek en verkoel tot benodig. Skep Tabouleh in ‘n hopie op opdienbak en omring met slaaiblare em tamatie skywe. Garneer met kruisementblare.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 358 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *