Tamatie en Chili Pasta Rys

All Gold

Bestanddele
10 ml Sout
500 g Pasta Rys
30 ml Olyfolie
1 Ui gekap
405 g Pak All Gold Pasta Pronta Arrabiata
250 ml Room
250 g Bruin Sampioene grof gekap
5 ml Origanum
Sout en Peper na smaak
Tabasco na smaak
40 g Parmasaanse Kaas
Vars gekapte Pietersielie

Metode
Gooi water, hoeveelheid volgens Pasta Pronto pakkie, in pot en bring tot kookpunt. Voeg Sout en Pasta rys by en kook vir 8 na 10 minute. Pasta rys moet sag maar tog ferm wees. Dreineer en hou warm. Verhit olyf olie en braai ui daarin tot sag. Voeg sampioene by en braai saam met ui tot goudkleurig. Voeg Pasta Pronto, room en Origanum by. Laat vir 2 minute stadig kook oor lae hitte, roer gedurig. Gooi sout, peper en Tabasco na smaak by. Skep sous oor Pasta Rys. Sprinkel parmesaan kaas en pietersielie oor.

Wenk
Pasta en Sous kan ook saam met kaas gemeng word. Sprinkel Pietersielie oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *