Unieke Worsrolletjies

Bestanddele
1 k Fyngemaakte gaar aartappel
½ k Gerasperde Kaas
100 ml Hawermout
Worcestersous na smaak
Sout en peper na smaak
Gekapte Pietersielie
5 Weense worsies in ¼ gesny
Olie vir diepbraai

Metode
Meng die aartappel, kaas, hawermout en pietersielie goed. Geur die mengsel met Worcestersous, sout en peper. Gebruik ‘n eetlepel vol van die mengsel, en vou ‘n stukkie worsie daarin toe. Fatsoeneer dit soos ‘n worsrolletjie. Bak vinnig in diep olie tot mooi bruin. Dreineer op kombuis papier. Lewer 20 happies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 342 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *