Vinnige Gemmerbier

Elsie

Bestanddele
1 Groot emmer met deksel
5¼ l louwarm water
10ml Jamaika Gemmer (Lennon’s se produk)
4½ k Suiker
10ml kitsgis
28 rosyne

Metode
Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 – 20 minute (totdat dit begin gis). Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het). Voeg die Jamaika Gemmer by suikerwater. Voeg die water-, suiker- en kitsgis mengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.

Nota
Dit is ‘n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker.
Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,364 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *