Vra Na Meer Vis

Liza Bosch

Bestanddele
800 g Stokvis filette, vel verwyder terwyl nog bevrore
Sout en Peper
1 Ui, in ringe gesny
250 g Knopiesampioene, gehalveer
Olie
50 ml gekapte Pietersielie
25 ml Margarien
30 ml Meelblom
250 ml Melk
40 ml Sjerrie
2 ml Paprika
250 ml Cheddarkaas, gerasper

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n oondvaste bak met margarien. Pak die stokvis filette in die voorbereide bak. Geur aan albei kante met sout en peper na smaak. Plaas in die oond en bak 20 minute lank totdat die vis amper gaar is. Giet die vloeistof af, maar behou dit. Soteer intussen die ui in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin. Skep oor die vis. Sprinkel ook die pietersielie oor. Vul die vis vloeistof aan met melk tot 250 ml. Maak dan ‘n witsous met die margarien, meelblom en gegeurde melk. Voeg ook die sjerrie en 50 ml gerasperde cheddarkaas by. Geur na smaak met sout, peper en paprika. Roer totdat die kaas gesmelt het. Giet die sous oor die vis. Strooi die res van die cheddarkaas oor. Bak nog sowat 15 minute lank of totdat die vis heeltemal gaar is. Dien op saam met rys en ‘n groen slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 418 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Vra Na Meer Vis”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *