Vra nog meer hoender

Bestanddele
1 pak Hoender porsies
1 k Chutney
1 t mosterd
2 blokkies Hoender ekstrak
3½ k Water
1 tot 1½ k Rou rys
1 k mayonnaise
Meel

Metode
Los hoender ekstrak blokkies op in water. Plaas rou rys in oondvaste bak. Sout en peper porsies en rol in meel. Plaas hoender bo-op rys. Meng chutney, mayonnaise en hoender blokkie water. Voeg mosterd by. Gooi water mengsel oor hoender. Sit deksel op bak of maak bak toe met foelie. Bak vir 1½ uur teen 180°C. Toets of vleis sag is.

Wenk
Dien op met baie rys en ‘n lekker slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 656 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *