Vriendskap koek

Bestanddele vir Plantjie
125 ml Koekmeelblom
2 ml Suiker
125 ml Lou melk of water (of mengsel van die twee)
2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

Metode Plantjie
Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op ‘n warm plek tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel. Dit kan ook ‘n in ‘n mengbak gesit word wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.

Dag 1
Voeg by die plantjie die volgende :
250 ml Melk
250 ml Koekmeelblom
125 ml Suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

Dag 2 tot 4
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 5
Voeg die volgende by:
250 ml melk
250 ml Koekmeelblom
125 ml Suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

Dag 6 tot 9
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 10
Gee 250 ml van die mengsel aan ‘n vriendin. Bêre 250 ml van die mengsel vir jouself. Wanneer jy die volgende mengsel aanmaak begin dan by dag 1. Gebruik die oorblywende mengsel om jou vriendskaps koek mee te bak. Bak teen 180° C vir 30 minute. Toets en indien nodig bak verder tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,246 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Vriendskap koek”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *