Wit Skons

Bestanddele
500 ml (2k) koekmeelblom
20 ml (4t) bakpoeier
2,5 ml ( ½ t) sout
30 ml (2e) suiker
30 tot 60 ml (2 tot 4 e) yskoue botter of margarine (60 ml sal ‘n brosser tekstuur gee).
380 tot 400 ml melk of ‘n mengsel van melk en eiergeel om oor te verf

Metode
Voorverhit die oond tot 250° C. Smeer ‘n bakplaat en bestuif liggies met koekmeelblom. Sif die droë bestanddele saam. Rasper die botter grof en vryf met die vingerpunte in die meelmengsel tot dit krummelrig is. Voeg die vloeistof by en sny dit met ‘n slaplemmes in die meel tot net-net gemeng. Moenie deeg onnodig hanteer of knie nie, aangesien dit die vlokkigheid van die gebak sal beïnvloed. Plaas deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk dit liggies plat met die hande of rol baie lig uit tot ‘n dikte van 2cm. Maak sirkels van 5cm in deursnee met ‘n koekiedrukker of sny met ‘n mes in vierkante of driehoeke en plaas op voorbereide bakplaat. Verf melk bo-oor elke sirkel en bak 10 tot 12 minute tot ligbruin bo-op. Die resep lewer 24 skons.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,101 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *