Wortelkoek (1)

Retha Liebenberg

Bestanddele – Beslag
250 ml Koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
7 ml Koeksoda
5 ml Kaneel
2 ml Sout
250 ml Volkoringmeel
300 ml Sonneblomolie
4 Eiers
1 Blik 440g fyngemaakte Pynappel
500 ml Gerasperde Wortel
250 ml Gekapte pekan of okkerneute
375 ml Witsuiker

Bestanddele – Versiersel
250 ml Versiersuiker
Knypie Kaneel
50 ml Roomkaas
Neute vir versiering

Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer ‘n groot ring koekpan. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam. Voeg nou die volkoringmeel by en meg goed. Klits die sonneblomolie en die eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Skep die beslag in die pan en maak gelyk. Bak die koek vir ongeveer een uur tot gaar en mooi bruin. Meng die versiersuiker, roomkaas en kaneel. Skep oor die koek en laat effens oor die rante afloop. Kap ‘n klompie neute fyn en gooi oor die versiersel.

Wenk
Lewer ‘n groot wortelkoek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 951 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *