Christa se voorslag broccoli-hoender

RSG

Bestanddele
Uie, opgekap
Knoffel, opgekap
Witsous – onthou neutmuskaat en kaas
Sampioene, opgekap
Portugese hoenderspeserye
1 – 2 koppe broccoli
Hoender filette

Metode
Braai uie, knoffel en sampioene in ‘n bietjie botter. Maak genoeg witsous. Sny Hoender filette in blokkies en gooi Portugese speserye oor en braai vinnig tot gaar.
Gooi hoender en groente in oondvaste bak en gooi witsous bo-oor. Gooi ekstra kaas bo-oor en plaas in voorverhitte oond teen 180 grade Celsius vir so 20 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 214 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *