Jasmyn se breyani

RSG

Bestanddele
2 hoenders in stukke gesny
2 koppies rys – half gaar gekook
Swart lensies
5 aartappels – liggies gaar gebraai
10 eiers – opgekook
Uie gebraai in olie
Speserye vir hoender (hoender moet hierin gele word)
2 teelepels vinkel
2 teelepels koljander
2 teelepels borrie
4 teelepels fyn rooi rissies
4 teelepels growwe rooi rissies
6 stukkies kardemom pitte
1 eetlepel knoffel
1 eetlepel gemmer
Rooi, nat masala
½ koppie suurlemoen
Koppie inkomaas (suurmelk/karringmelk/natuurlike yoghurt)
250 gram botter – ontsout

Metode
Pak die hoender in ‘n groot pot. Sit aartappels oor en dan 10 eiers. Gooi swart lensies oor en dan rys. Gooi botter bo-oor. Sit saffraan bo-op rys (opsioneel). En dan gebraaide uie. Gooi 500 ml water bo-oor alles en laat dit vir 3 ure stadig prut tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 174 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *