RSG
Bestanddele
A4-grootte plastieksak
8 hoenderdye
Uie, opgekap
Hand vol Meksikaanse speserye
4 tamaties, in skywe gesny
Metode
Plaas uie en hoender in plastieksak en gooi speserye by. Skud goed. Plaas tamaties onder in ‘n oondvaste bak en pak hoender bo-op. Sit in voorverhitte oond en bak oop teen 180 grade vir ‘n halfuur tot 45 minute. Eet dit op rys wat jy opgekikker het met ‘n hand vol droë pietersielie en knoffel.
(Visited 165 times, 1 visits today)
Advertisements