Komkommerkaaskoek

Bestanddele Kors
200g (1 pak) waterbeskuitjies (Cream Crackers)
45ml (3e) botter, gesmelt

Bestanddele Vulsel
1 medium grootte komkommer
250g (1 bakkie) laevetmaaskaas
125 ml (½k) dik Bulgaarse jogurt
Knypie sout
5ml (1t) aangemaakte mosterd
20ml (4t) gelatien
45ml (3e) water
30ml (2e) vars pietersielie
15ml (1e) grasuie, gekap
250ml (1k) room

Metode Kors
Kap koekies in voedselverwerker fyn. Voeg botter by en kap tot gemeng. Druk krummels op bodem van losboomkoekpan vas en laat eenkant tot benodig

Metode Vulsel
Sny bo- en onderpunt van komkommer af. Sny in helfte deur en rasper komkommer. Sit in vergiettes en los vir uur sodat vloeistof kan dreineer. Sit iets swaar bo-op. Meng maaskaas, jogurt, sout en mosterd. Spons gelatien op water. Verhelder gelatien bo-oor kookwater tot glad en sonder klonte. Roer pietersielie en grasuie by maaskaasmengsel. Klits room styf en vou laastens by maaskaasmengsel in. Skep vulsel bo-op kors en laat oornag in yskas om te stol. Sit teen kamertemperatuur saam met komkommerskyfies voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 192 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *