Gesondheidsbeskuit

Bestanddele
Smelt saam en laat afkoel
500g margarien
2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)

Meng saam
3 koppies meel
1 koppie wheatbix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500ml karringmelk
1 koppie klapper
Gekapte neute (opsioneel)

Metode
Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker. Meng al die droë bestanddele. (dit is nie ‘n stywe deeg nie maar dit is wel klewerig). Druk met hande in 2 groot oondpanne. Bak in oond van 180ºC vir 10 min. Stel oond af na 160ºC en bak vir verdere 30min. Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte. Droog uit in oond by 100ºC vir 4-5 ure (eie keuse) .

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 317 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *