Grenadella-Kaaskoek (1)

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
200g ricotta
500g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
200g strooisuiker
15ml suurlemoensap
100ml grenadellamoes

Metode
Spuit ‘n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei. Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in ‘n voedselverwerker en pols tot mengsel glad is. Oppas dat jy dit nie te veel meng nie. Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in ‘n voorverhitte oond van 160ºC vir sowat 35-40 minute, of totdat gestol het. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel in die yskas tot etenstyd.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 595 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *