KAMMA-KREEF

Knuppeldik

Bestanddele
(6-8 PORSIES)
1,5 kg stokvis
1 liter water
25 ml asyn 5
ml sout
knippie peper

Sous:
1 k mayonnaise
125 ml tamatiesous
5 ml worcestersous
5 ml brandewyn
1 ui, gerasper
paar druppels tobascosous
knippie sout
kwart t Aromat

Garnering:
Slaaiblare, gekapte pietersielie, suurlemoenskyfies. Kook vis in groot kastrol met water, asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap. Dreineer, verwyder vel en grate en vlok vis. Laat afkoel. Meng bestanddele vir sous en verkoel. Voeg by vis en meng liggies. Skep op slaaiblare en garneer met pietersielie en suurlemoenskyfies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,106 times, 6 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *