Karamel yskaskoek

Bestanddele Kors
Halwe pakkie nutty crust-beskuitjies, gekrummel 25ml botter gesmelt

Metode Kors
Meng die beskuitjieskrummels en botter en druk dit vas in ‘n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.

Bestanddele Vulsel
125ml vars room
2 sakkies Orley Whip
1 blikkie (380g) Karamel kondensmelk
1 bakkie (250g) geroomde maaskaas
15ml gelatien, opgelos in 125ml water
125ml strooisuiker
10ml karamelgeursel

Metode
Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas. Versier met kappertjies of gerasperde sjokolade.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 201 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *