Koue poeding

Bestanddele
1 blik (410g) ingedampte melk
20ml gelatien
125ml kookwater
60ml appelkooskonfyt

Metode
Plaas die toe blik ingedampte melk in ‘n kastrol en bedek met kookwater. Laat 30 minute kook, verwyder uit water en laat afkoel. Plaas oornag in die yskas. Los die gelatien in die kookwater op en laat dit redelik afkoel. Giet die ingedampte melk in ‘n bak en klits totdat dit styf word. Voeg die konfyt en afgekoelde gelatien by en klits goed saam. Plaas in die yskas om te stol. Sit voor met ingelegde vrugte.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,564 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *