Lekker fudge in mikrogolf

Bestanddele
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel

Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje. Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed. Kook vir 6 minute. Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by. Kook vir nog 20 minute. Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik. Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 507 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *