Lemoen Sjokolade Truffles

Bestanddele
300g donker sjokolade (Albany is suiwel-vry)
150ml Orley-Whip
5ml lemoengeursel
Gerasperde lemoenskil van 1 lemoen
100g amandels fyngekap
Gesifte Nestle Kakao

Metode
Breek die sjokolade in stukkies en smelt vir ongeveer 2 minute op medium in mikrogolf. Mikrogolf die Orley-Whip 1 minuut lank teen 10% krag en roer by sjokolade tot glad. Laat afkoel. Voeg geursel, skil en amandels by en meng goed. Bedek die mengsel en bevries totdat dit styf genoeg is om balletjies te rol. Rol die balletjies liggies in kakao. As die balletjies te sag en taai word om te rol, plaas die mengsel weer in die yskas om te verkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *