Coke in die hoender se #@$ op Weberbraai

Mnr. Jaco van der Merwe

Bestanddele
1 Blikkie Coke (of na smaak ander koeldrank)
1 Heel hoender
1 Pakkie hoender marinade (na smaak)

Metode
Prik hoender aan buitekant met vurk en laat lê in marinade vir ongeveer 1 uur. Berei kole voor in Weberbraai, maar hoender moet nie bokant direkte kole geplaas word nie. Neem blikkie koeldrank en gooi ongeveer ¼ van die koeldrank uit. Neem blikkie en stop dit agter in die hoender se #@$. Laat die hoender met die blikkie op die rooster staan (nie bokant direkte kole nie) en gebruik sosatiestokkies om hoender te help stut as hy dalk wil omval. Maak deksel van Weberbraai toe en braai tot heerlik goudbruin. Die koeldrank stoom die hoender van binne af gaar en die witvleis is dan heerlik sag en sappig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 392 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *