Irma Dannhauser
Bestanddele
1 pak skroefnoedels
1 groot soetrissie, gekap
1 groot ui, fyn gekap
1k tamatiesous
125ml asyn
125ml olie
200g suiker
25ml matige kerrie of tabascosous
1 blik tamatie-en-uiesmoor
Metode
Kook noedels tot sag. Spoel goed af en laat effens afkoel. Meng die soetrissie en ui by die noedels. Kook die tamatiesous, asyn, olie, suiker, kerrie of tabascosous en tamatie-en-uiesmoor saam. Gooi die tamatiemengsel oor die noedelmengsel. Meng goed deur en bedien. Dis heerlik saam met braaivleis.
Wenk
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word hierdie slaai.
Advertisements