Risotto met Cabonassi-worsies

Bestanddele
1125ml kookwater
2 hoenderaftrekselblokkies
30ml sprietuie (gekap)
40g botter
30ml sonneblomolie
400g rou rys (verkieslik Arborio)
350g Cabonassi-worsies (of enige soortgelyke worsies)
60ml droë wit wyn
varsgemaalde swartpeper
sout na smaak (indien nodig)
45ml varsgerasperde parmesaankaas

Metode
Plaas die kookwater en die aftrekselblokkies in ’n klein kastrolletjie en laat stadig prut. Plaas olie en 25g van die botter in ’n swaarboomkastrol en braai sprietuie oor medium hitte tot deurskynend. Voeg die rys by en roerbraai vir ’n paar oomblikke tot rys goed bedek is met olie. Voeg 150ml van die warm aftreksel by die rys en laat dit kook. Roer die rys gereeld en as dit begin uitdroog, voeg weer 150ml van die aftreksel by. Herhaal totdat die rys sag, maar tog nog “al dente” gekook is. Sny intussen die worsies in 5 mm stukkies en plaas saam met die wyn in ’n braaipan. Laat oor matige hitte kook totdat die wyn verdamp het. Braai worsies verder tot ligbruin, verwyder uit pan en hou warm. Sodra rys gereed is, voeg die orige botter, parmesaankaas en worsies by en meng goed.Plaas in warm opdienskottel, garneer met gekapte sprietuie en bedien met varsgerasperde parmesaankaas.

Wenk
Garnering: Gekapte sprietuie
Bediening: Sit voor met varsgerasperde parmesaankaas

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 126 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *