SJOKOLADELIKEUR

Bestanddele
300 ml witsuiker
300 ml water
500 ml brandewyn
10 ml vanielje
1 ml amandelgeursel
30 ml kakao, opgelos in ‘n bietjie kookwater

Metode
Plaas die witsuiker en die water in ‘n kastrol en verhit, terwyl gedurig geroer word. Laat kook tot ‘n dik stroop, ongeveer 6 minute lank.Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Giet uit in ‘n skoon bottel of fles, draai die deksel toe en bêre in ‘n donker plek. Bêre sowat 2 weke lank voordat jy die likeur voorsit. Lewer 600 ml likeur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *