TUNAWIELETJIES

Bestanddele
200 g tuna in olie
1 k gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
1 ui, fyngerasper
2 ml mosterdpoeier
2 ml Aromat
1 pak bevrore brosdeeg

Metode
Vlok tuna saam met die olie. Voeg kaas, mayonnaise, ui, mosterdpoeier en Aromat by die vis en meng dit goed. Rol deeg oop, rol dit bietjie dunner uit en smeer die vismengsel egalig daaroor. Rol dit weer op en draai dit toe met kleefplastiek. Verkoel vir ongeveer ‘n halfuur in die vrieskas. Sny rol in skyfies van 10mm dik. Plaas wieletjies op gesmeerde bakplaat en bak 15 min by 220ÂșC tot ligbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 657 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *