Alice se Vis pot

RSG

Bestanddele
600 g I & J Steaks / Medallions
1 groot ui (gekap)
8 klein uitjies (heel geskil)
1 klein of ½ groot green pepper
½ koppie wyn
1 pakkie knopie sampioene
3 eetlepels gekapte pietersielie
1 pakkie wit uiesop poeier
250 ml houertjie room
200 ml mayonnaise
1 eetlepel knoffel (fyngedruk)
Aromat
Tabasco / Lea & Perrin’s (gooi na smaak)

Metode
Braai gekapte ui en green pepper. Braai vis (moenie te veel roer nie, kan breek). Gooi Aromat oor (elke nou en dan). Voeg knoffel by. Voeg wyn by. Voeg klein uitjies by en kook stadig vir so 15 – 20 minute. Meng soppoeier, room en mayonnaise. Indien nodig voeg klein bietjie melk by. Gooi mengsel in pot. Voeg sampioene en pietersielie by. Gooi hot sous by en roer deur. Laat kook, nie te lank nie, maar totdat tekstuur reg lyk en klein uitjies darem sag is. Indien te droog, voeg nog wyn en / of melk by. Opsioneel: Kan half tot een eetlepel kerriepoeier byvoeg saam met die mengsel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 276 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *