Biltongmousse

Bestanddele
25ml gelatien
65ml Koue water
1 biefekstrak blokkie, opgelos in 250ml kookwater
85g fyngerasperde biltong
Knippie koljander
12,5ml margarien
12,5ml meelblom
250ml melk
3 eiers, wit en geel geskei
65ml room

Metode
Week die gelatien in die koue water, los op in vleisaftreksel en roer tot helder. Giet oor gerasperde biltong en voeg koljander by. Berei ‘n witsous van die margarien, meel en melk. Skei die eiers. Voeg 12,5ml warm witsous by die eiergele, meng deeglik en voeg dit by die oorblywende witsous. Laat 1 tot 2 min. stadig kook. Giet die mengsel by die gerasperde blitongmengsel, meng en laat heeltemal afkoel. Klop eierwitte tot skuimerig en roer 12,5ml daarvan met ‘n metaal lepel by die biltongmengsel. Vou die orige eierwit versigtig daarby. Klop die room tot styf en vou in biltongmengsel. Giet dit in gesmeerde 1 liter broodpan en laat vir 4 uur stol. Keer uit en graneer met slaaiblare, fyngekapte pietersielie, suurlemoen skywe, gevulde olywe en gekerfde biltong.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 269 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *