Elzan se noedel-en-spek-gereg

Bestanddele
500g noedels (enige soort) kookolie
250g ontbytspek (gesnipper)
1 blik (410g) hoenderroomsop
1 ui (gekap)
1 blik (400g) sampioene, gedreineer
125ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en roer ‘n bietjie kookolie by. Braai intussen die ontbytspek en ui. Voeg die hoenderroomsop, kaas en sampioene by en roer tot die mengsel baie warm is en die kaas smelt. Skep hierdie mengsel oor die noedels en roer liggies deur. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 318 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *