Bestanddele
5ml Geuropwekker
3ml Sout
3ml Swartpeper
15ml Gerasperde ui
15ml Suurlemoensap
75ml Mayonnaise
25ml Melk
3ml Tabascosous
25ml Tamatiesous
800g Stokvis (gaar en gevlok)
Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die vis, deeglik. Roer die vis by. Sit voor met koue aartappels in die skil en mengelslaai. Hierdie resep kan gehalveer en as voorgereg op slaaiblare gesit word.
(Visited 658 times, 1 visits today)
Advertisements