Gebakte rys en kaas

Bestanddele
1 blik heel geskilde tamaties
375ml rou rys
250ml Liquifruit (bv. pynappel)
125ml droë wit wyn
3 murgpampoentjies (20 mm dik skywe gesny)
750ml hoenderaftreksel
2 uie (gekap)
60g botter
10ml sout
2 huisies knoffel (fyngemaak)
5ml droë basieliekruid
varsgemaalde swartpeper
250ml gerasperde cheddar
250ml gerasperde Mozzarella-kaas
250ml room

Metode
Voorverhit oond tot 200 °C. Verhit die wyn, aftreksel en Liquifruit tot kookpunt en plaas saam met al die bestanddele behalwe die kaas en room in ‘n groot oondvaste bak. Meng goed. Bedek met foelie en vou goed om die rante van die bak om te verseël. Bak vir 30 minute, roer goed, bedek weer en bak nog 30 minute. Voeg die kaas (behou bietjie vir garnering) en die room by en roer liggies deur. Bak oop vir 10 – 15 minute. Bestrooi met orige kaas en sit dadelik voor soos hier bo beskryf.

Variasie
Sny 4 hoenderborsies in repies. Roerbraai liggies vir ’n paar minute in botter of olie. Voeg by ander bestanddele (stap 2). Gebruik eie inisiatief om ander variasies te skep, aangesien die metode aanpasbaar en gerieflik is. Die beste nuus is: min vuil skottelgoed.

Wenk
Hierdie is ’n maklike en feestelike gereg om voor te sit vir ’n spesiale ete, omdat dit in die oond gaargemaak word. Dit is gerieflik vir die gasvrou, aangesien dit nie so baie aandag verg nie. As bykos by ’n vleisgereg lewer dit 10 – 12 porsies. As hoofgereg saam met ’n groenslaai lewer dit 6 – 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 334 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *