Gevormde tamatierisotto

Bestanddele
45ml olyfolie
3 uie (gekap)
440g blikkie tamatie (gekap maar nie gedreineer)
500g bruin rys
45ml tamatiepasta
1 liter kookwater
2 hoenderaftrekselblokkies
90g botter
100g varsgerasperde parmesaankaas
varsgemaalde swartpeper
30ml gekapte vars basieliekruid (of pietersielie)

Metode
Gooi kookwater op die aftrekselblokkies en roer tot opgelos. Verhit olie in ’n swaarboomkastrol en braai die uie oor matige hitte tot goudbruin. Voeg die rys by en roerbraai vir ’n paar oomblikke totdat die rys goed bedek is met olie. Voeg die gekapte tamatie, tamatiepasta en hoenderaftreksel by. Roer die rys oor matige hitte totdat die rys gaar is en al die vloeistof verdamp het. Roer die botter, parmesaankaas, swartpeper en basieliekruid by. Bedek in ’n gesmeerde oondskottel. Bedek met deksel of foelie en bak in ’n voorafverhitte oond by 180 – 200 °C vir 10 – 15 minute. Keer uit op ’n opdienbord en garneer met murgpampoenlinte.

Wenk
Garnering:
Murgpampoenlinte (gebruik groenteskiller om vars murgpampoen in die lengte in lintvormige repe te sny).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 149 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *