Hoender

WeighLess

Hoender bly maar een van die maklikste en vinnigste vleis om gaar te maak. Hier is so paar idees wat jy met daardie hoender kan doen. Alles is WeighLess wettig.

1)Braai hoender tot amper gaar. Gooi nou so halwe blikkie Diet Coke of Coke Zero by. Voeg ook suurlemoensap volgens smaak by. Kook hoender in vloeistof tot vloeistof amper weg gekook is. Hierdie is ‘n heerlikke soetsuur hoender.

2)Braai hoender tot amper gaar. Gooi nou so halwe glasie WeighLess wyn by die hoender. Ek verkies rooiwyn. Braai hoender in die wyn tot die wyn weggekook is. Wat hierdie hoender so lekker maak is dat die wynsmaak in die hoender intrek.

3)Braai hoender tot amper gaar. Gooi nou ‘n bietjie suurlemoen LowCal koeldrank in. Maak hoender verder gaar in die koeldrank. Hierdie is ook ‘n heerlikke soet suur hoender.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 950 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *