Komkommermousse

Bestanddele
1 komkommer
250ml (1k) room
Knypie sout
15ml (1e) strooisuiker
250g (1 bakkie) geroomde maaskaas
125ml (½k) mayonnaise
30ml (4e) water

Metode
Skil komkommer, verwyder pitte en sny voor en agterkant af. Kap komkommer goed fyn in voedselverwerker. Klits room styf en voeg sout en strooisuiker by. Roer maaskaas en mayonnaise by roommengsel. Spons gelatien op water en verhelder oor water tot glad. Giet by roommengsel en meng gekapte komkommer by. Skep in uitgespoelde vorm en sit in yskas tot gestol. Wanneer gestol, keer op geskikte bord uit en bedien koud.

Wenk
Die room, maaskaas en mayonnaise moet by kamertemperatuur wees sodat gelatien nie drade trek nie. Dit gebeur as gelatien te warm en roommengsel te koud is en mengsel ook nie vinnig genoeg geroer word nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 162 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *