Lae-vet Wortelkoek

Bestanddele
1 koppie meel
1 koppie volkoring meel
1¾ koppie suiker
2 teelepels kaneel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel neutmuskaat
2 teelepels sout
1 koppie appelsap
2 koppie karringmelk
6 eierwitte
3 koppies gerasperde wortels
3 koppies gekapte neute (walnuts)

Metode
Verhit oond tot 180ºC. Sproei ‘n 23x23cm pan met spray ‘n cook. Meng twee meelsoorte, suiker, kaneel, bakpoeier, neutmuskaat en sout. Klits met elektriese klitser in ‘n groot mengbak appelsap, karringmelk en eierwitte. Voeg meelmengsel by en meng goed. Roer wortels en neute by. Gooi in pan en bak ± 40 minute.

Versiersuiker
225g lae-vet roomkaas 1 teelepel botter
2 koppies versiersuiker 1 teelepel vanieljegeursel

Meng alles saam en versier koek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 376 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *