Min of meer genoeg vir Ses skons
Bestanddele
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier – vul die koppie verder met melk
½ teelepel sout
Metode
Meng alles deurmekaar en skep ‘n vol lepel in kolwyntjie pannetjies. Bak in oond op 180C tot gaar. (So 10 na 15 minute)
Wenk
Varieer deur of gerasperde kaas of geklopte biltong by die mengsel te voeg.
Om te toets of dit gaar is: druk liggies met jou vinger op die skons en dit sal weer terug spring.
Of toets met n toetspen, tande stokkie of skerp mes.
As die toetspen skoon uitkom is dit gaar.
Advertisements
Dankie vir die resep, maar hoe lank moet die skons bak en teen hoeveel grade celcius? Dankie.
Teen 180C
180C is die gemiddelde bak temperatuur om te gebruik indien n resep dit nie aandui nie.
Om te toets of dit gaar is: druk liggies met jou vinger op die skons en dit sal weer terug spring.
Of toets met n toetspen, tande stokkie of skerp mes.
As die toetspen skoon uitkom is dit gaar.
Baie dankie vir die info.
Baie dankie, my skons was ‘n wenner. Nou gaan ek weer skons maak, maar met die kaas variasie. Sal laat weet hoe dit uit gekom het.
Om in by vir hoeveel minute teen 180C bak die skons en hoeveel skons lewer hierdie resep as ek in n kolwyntjiepan bak?
Linda jy behoort so ses uit te kry afhangende van die groote van jou kolwyntjie pan, Bak so 10 to 15 minute
Hoeveel skons kom uit so n baksel..n gemeddelde getal asb.
So ses skons reken ek
gchabedi@gmail.com
kry die scons nie botter en suiker nie
Goeie More. Probeer om so 30g Suiker en 60g botter by te voeg.
Hoekom kom die skons nie mooi plat uit bo nie?
Okkie Jansen van Vuuren
Wanner jy skons bak en die bokant is nie plat nie, wat is die probleem?
Daar is’n hele klomp moontlikhede
Te veel bakpoeier
Oond effens te warm
Verkeerde pan
Raad
Sit ‘n knypie Koeksoda in die mengsel (Dit bedaar die bakpoeier effens en help sommer sooibrand voorkom)
Maak jou oond oop en sodra die tempratuur liggie aankom sit die pan in en maak toe ( dit verlaag die begin tempratuur ‘n paar grade)
Moenie kolwyntjie panne geruik nie maar eerder ‘n klienkoekie pan (Dit laar die mengse toe om horisontaal en vertikaal te “groei)
Hoop dit help en onthou koop maar klien bottersteentjie vir die smeer van die skons en tuisgemaakte JAM {fynkonfyt) werk beter as gewone konfyt